Ek het vandag ‘n artikel in ‘n koerant gelees oor verhoudings, hoekom sommiges werk, en ander nie. Dit het basies op vyf goed neergekom:
1) Gemaklikheid
Is dit maklik om saam te wees en voel julle naby aan mekaar?
2) Fisiese aantrekkingskrag
Is daar goeie fisieke aantrekkingskrag tussen julle? Voel dit goed as julle soen en aan mekaar raak?
3) Pret
Het julle pret saam?
4) Verborgenheid en vertroue
Voel julle veilig by mekaar – voel julle dat julle nie vir mekaar sal jok, seermaak, verneder of verlaat nie?
5) Respek
Repekteer jy hom/haar soos hy/sy op die oomblik is en voel jy dat hy/sy jou respekteer?
Hierdie vyf goed som dit nogal vir my so goed op. Soos wat ‘n mens mos deur die lewe beweeg, maak jy mos so hier en daar wyshede bymekaar en stoor dit in jou brein. Soms is dit iets wat jy lees, soms leer jy dit deur ervaring. Maar dié dinge is vir my die basiese boustene van ‘n verhouding. Sonder enige van dié kan die verhouding dood eenvoudig nie werk nie. Christene sal nog dinge wil byvoeg, soos ‘n gedeelde geloof, gedeelde waardes en normes, maar hierdie is vir my die essensie.
Tuesday, 11 December 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment